Goud gaan aanhou skitter in 2026, sê ekonoom

Loading player...
Goud en silwer het aan die einde van 2025 teruggesak na hul sterkste jaarlikse winste in dekades, maar goud het reeds in die eerste handelssessie van 2026 in Europa herstel. Ontleders sê wêreldhandelsonsekerheid bly 'n sleuteldrywer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê ekonoom Dawie Klopper stygende geopolitieke risiko's, insluitend verwikkelinge in Venezuela, kan groot implikasies hê vir oliemarkte, die Amerikaanse dollar en wêreldhandelsvloei.
5 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Yango-permitte bly in die nuus

Die kwessie van die 30 April sperdatum vir registrasie van Yango-bestuurders word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek, te midde van kritiek deur die publiek. Kosmos 94.1 Nuus het met Yango in verbinding getree en volgens Zanyiwe Asare, Yango se groephoof van beleid, sukkel Yango-bestuurders om permitte uitgereik te kry.
24 Apr 4AM 1 min

Trump kondig drie-week lange skietstilstand in Libanon aan

President Donald Trump van Amerika sê die skietstilstand tussen Israel en Libanon is met drie weke verleng. Dit volg na ʼn onlangse vergadering in die Withuis met die twee lande se ambassadeurs. Sporadiese gevegte tussen Israel se weermag en Iran-ondersteunde Hisbolla het die afgelope week voortgeduur. Hisbolla het vuurpyle op…
24 Apr 4AM 1 min

Gobabis vra hulp na swaar reën

Gobabis het nes Okahandja, Donderdag swaar reën ervaar en talle huise is oorstroom. Die A, B, en C Kanaan nedersettings het die grootste skade rapporteer. Gemeenskappe kort dringend hulp. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate gepraat.
24 Apr 3AM 1 min

DA verwelkom Masemola-skorsing

Die DA verwelkom die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se voorlopige skorsing en sê dis ʼn noodsaaklike stap om die amp se integriteit te beskerm. Masemola het Dinsdag in die hof verskyn in verband met die onregmatige toekenning van ʼn SAPD-gesondheidsdienskontrak van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Medicare24. President Cyril Ramaphosa…
24 Apr 3AM 1 min