SA-brandstofprys daal Woensdag tot laagste vlak in vier jaar

Loading player...
Die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne se jongste brandstofprys-aanpassings sal die land se brandstofprys tot die laagste in byna vier jaar laat daal. Van Woensdag af daal die petrolprys met tussen 62- en 66-sent per liter, en diesel sal tussen 137- en 150-sent per liter minder kos. Die departement se woordvoerder, Robert Maake, sê die gemiddelde internasionale petrolprys volg die dalende neiging van die ru-olie-prys:
5 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Africa Forward-beraad bied energie-geleenthede vir besighede

Namibië het deelgeneem aan die 2026 Afrika-Frankryk-beraad in Kenia. Die land het geleenthede buite tradisionele mynbou ten toon gestel, met die fokus op groenwaterstof, energie-oorgang, landbou, vervaardiging en digitale tegnologie. Sven Thieme, voorsitter van die Ohlthaver & List-groep, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die privaatsektor nou moet oorweeg…
15 May 12AM 1 min

Eerste versveiling ooit suksesvol afgehandel

Die 100-versveiling, die eerste van sy soort in Namibië, is suksesvol afgehandel. Slegs vroulike diere was te koop op die veiling wat deur Martenique Scott en Marco Seefeldt gereël is. Kosmos 94.1 Nuus het met Scott gepraat wat 'n oorsig gee.
15 May 12AM 1 min

NamRA bou verder op sy eenstopsentrum

NamRA het begin om verskeie doeane- en aksynskantore in Windhoek na die nuwe Eenstop-doeane- en aksynsentrum in die Suidelike Industriële gebied te verskuif. Woordvoerder Steven Ndorokaze sê dat slegs beperkte dienste tans beskikbaar is, insluitend motorvoertuigklaringsertifikate en fisiese inspeksiebesprekings. Betalings en die druk van doeanedokumente kan tydelik by die Eros-lughawekantoor…
14 May 11PM 1 min

Britse ekonomie op die regte pad - Reeves

Die Britse minister van Finansies, Rachel Reeves, sê die land se jongste groeisyfers toon die regering het die regte ekonomiese plan. Die ekonomie het in die eerste kwartaal met 0,6-persent gegroei toe produksie en die boubedryf goed presteer het ondanks hoër energiekoste weens die Iranse konflik. Reeves sê ekonomiese bestendigheid…
14 May 11PM 1 min

Onderwys: Waar gaan al die geld heen?

Die Nasionale Raad het tydens die voortgesette debat oor die toekenning van 28 miljard Namibiese dollar aan die onderwysministerie gevra vir groter belegging in die sektor. Raadslid Olivia Hanghuwo, wat die Eenhana-kiesafdeling verteenwoordig, sê alhoewel die ministerie die grootste deel van die 2026/27 nasionale begroting ontvang het, die onderwyssektor steeds…
14 May 5AM 1 min