Die G20, Wynroem en DA Uber Eats Gate

Loading player...
In hierdie week se “KLETS” word wêreldpolitiek, plaaslike drama en ’n tikkie Uber Eats op die tafel gesit, "dis koue kos, skat!"

Ons begin by Gauteng se G20-lockdown, die konferensie wat Suid-Afrika trots as ’n reuse sukses verklaar het. Want niks sê “internasionale sukses” so goed soos om jou grootste ekonomiese stad oor ’n naweek toe te sluit nie.

Maar was dit werklik so suksesvol… of was dit net suksesvol omdat Trump nié daar was nie? Die VSA het die Suid-Afrikaanse G20 openlik geboikot, en op die elfde uur probeer om tog ’n afgewaterde afvaardiging te stuur, ’n versoek wat Suid-Afrika afgekeur het.

Intussen het die wêreldleiers sonder Amerika voortgegaan en die G20-verklaring onderteken, terwyl Trump duidelik gemaak het die VSA sal dit glad nie ondersteun nie. So wat beteken dit vir Suid-Afrika, en die ander G20-lande, vir my en jou, en die wêreld… en natuurlik vir Trump se ego?

Met die wêreld se oë op Suid-Afrika het Suid-Afrikaanse vroue regoor die land die Vrydag voor die G20 “opgestaan” teen geslagsgebaseerde geweld deur te gaan “lê.” GBV is een van die land se ergste en mees volgehoue krisisse, en Cyril het geen ander uitweg gehad as om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord tot ’n nasionale ramp te verklaar nie. Maar was “gaan lê” die regte simboliek?

En omdat Suid-Afrika nooit net een of twee dramas of "commissions of enquiry" op ’n slag het nie, kyk ons na nog ’n effens vetter storie, letterlik. Die DA-moddergeveg tussen John Steenhuisen en Deon Gorge is in volle swang, en Matthys se vraag oor John se gewig word uiteindelik beantwoord. Spoiler: hy het nie gewig verloor nie… maar sy DA-kredietkaart se Uber Eats-aankope verduidelik baie.

Dis Black Friday. Met die kenmerkende “afslag” prysstrategieë wat nie heeltemal afslag is nie, en selfoonkontrakte wat soos ’n wiskunde-eksamen saamgestel is, word jy gelos om te wonder of die doel is om jou te verbind… of te verarm.

Gelukkig het ons darem iets om oor ’n glasie te klink: die Suid-Afrikaanse wynbedryf wat glansryk internasionaal presteer. Twee Suid-Afrikaanse wynplase is onder die top 10 in die wêreld erken, en vier ander in die top 100.

En dan iets nuuts vir die kultuur- en joernalistieke landskap: ’n splinternuwe weeklikse Afrikaanse koerant, Die Papier, wat op 6 Maart 2026 sy verskyning maak, word aangekondig – ’n historiese nuwe asem in ’n ouderwetse gedrukte mediavorm. Baie vensters gaan na 7 Maart 2026 weer skoon wees in Suid-Afrika.

Dit is wêreldpolitiek sonder Amerika, plaaslike politiek met te veel kalorieë, pryse wat nie sin maak nie, pynlike realiteite en ’n wynbedryf wat almal se waardigheid red.

Dis politiek, pryse, pyn en Papier.
Dis Suid-Afrika.
Dis KLETS.
26 Nov 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min