Fiori... die Ugab se klein wonderwerk

Loading player...
Fiori, die eerste oorlewende olifant kalf in haar trop woestyn-aangepaste olifante sedert 2014, word in Januarie drie. Gebore met die eerste reën van 2022 na jare van droogte, staan sy bekend as die "klein wonderwerk van die Ugabrivier". Kosmos 94.1 Nuus het met John Tabasco van die Brandberg White Lady Lodge gesels, wat sê Fiori word elke dag sterker. Hy het egter ook hartseer nuus.
12 Nov 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polisie las klopjag ná massaskietvoorval in Pretoria

Die polisie het 'n klopjag na drie verdagtes van stapel gestuur na die moord op elf mense by 'n sjebien die Saulsville Hostel in Atteridgeville, in die weste van Pretoria. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes het Saterdagoggend by die kuierplek aangekom en lukraak begin skiet. 'n Totaal van 25…
7 Dec 12AM 1 min

Goeie plaaslike oes laat pryse tuimel

Voermeester gee 'n oorsig oor die plaaslike oes van makro-kommoditeite wat bo-verwagting goeie resultate gelewer het. Dit het veroorsaak dat die aanbod die vraag oorskry, wat pryse laat daal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof van Voermeester gepraat:
6 Dec 5AM 1 min

Cuvelai wil 10 000 huise bou

'n Nuwe nasionale behuisingsprogram het ten doel om 100 000 bekostigbare huise in net vyf jaar te bou. Die Cuvelai Spesiale Behuisingskemafonds het sy eerste fase afgeskop, met die doel om 10 000 nuwe eenhede te bou, met 2 142 wat vir Keetmanshoop alleen beplan word. Die skema bied huise…
6 Dec 4AM 1 min

Sluipmoord op Madlanga-getuie

Die polisie het 'n soektog op tou gesit na huurmoordenaars wat "Getuie D" van die Madlanga-kommissie gisteraand in Brakpan, Ekurhuleni, doodgeskiet het. Getuie D het in November voor die kommissie getuig dat die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisiedepartement, Julius Mkhwanazi, by die oënskynlike toesmeer van 'n moord betrokke is. Polisiewoordvoerder…
6 Dec 4AM 1 min

Sperdatum vir Starlink-insette kruip nader

Cran het 'n opdatering uitgereik van die proses wat met Starlink se lisensie-aansoek verband hou. Die lisensiebod is volledig op 28 November in die Staatskoerant gepubliseer en belanghebbendes het die geleentheid om insette te lewer voor Vrydag, 12 Desember. Starlink-voorstander Peet van Staden, elektroniese ingenieur en suideboer vra die publiek…
6 Dec 3AM 1 min