
Angola ken ereklasmedalje aan Nujoma toe
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê sy is tot nederigheid gestem oor Angola se besluit om 'n herdenkingsmedalje in die ereklas op die 50ste herdenking van die buurland se onafhanklikheid, postuum aan stigterspresident Sam Nujoma toe te ken. Die president het Dinsdag laatmiddag teruggekeer van Angola, waar sy die onafhanklikheidvieringe bygewoon het na COP30 se leiersberaad in Brasilië. Sy sê die twee lande het 'n uitstekende bilaterale verhouding gehandhaaf beide voor en na Namibië se onafhanklikheid. Die president is aan die woord.

