NVG moet optree teen Prasa-hoofde: DA

Loading player...
Die DA vra die Nasionale Vervolgingsgesag om streng op te tree teen ses gewese uitvoerende hoofde van die Passasierspooragentskap wat betrek word by onregmatige kontrakte van 2,8-miljard Suid-Afrikaanse rand wat tussen 2010 en 2019 aangegaan is. Volgens ʼn verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid het hierdie persone kontrakte gesluit sonder om die regte verkrygingsprosesse te volg. Dit sluit sekerheids-ooreenkomste van 1,6-miljard-rand in. Chris Hunsinger van die DA sê die NVG moet beslissend optree om aanspreeklikheid te verseker:
11 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kenner sê beesuitvoere op die hoef het wel voordele

Reaksie kom in op berigte van 'n tweede uitvoer van 3 000 bees op die hoef na Mauritius. Ten spyte van die kritiek oor plaaslike waardetoevoeging meen sommige kenners dit kan goeie kompetisie vir die plaaslike mark wees wat ook tot meer kompeterende pryse kan lei. Kosmos 94.1 Nuus het…
8 Apr 12AM 1 min

Sona: Hoe sal NNN Namibiërs teen prysskokke beskerm?

Alle oë is op president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat vanmiddag haar tweede staatsrede sal lewer, met ekonome wat haar aanspoor om 'n ekonomiese padkaart vol vertroue te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het met Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gepraat wat sê die tyd is nou vir die president om vertroue te inspireer…
8 Apr 12AM 1 min

Oshana-polisie hou die vrede tydens Paasnaweek

Misdaadvoorkomingspogings was suksesvol in die Oshana-streek oor die Paasnaweek, met meestal minder ernstige gevalle wat aangemeld is. Die Oshana-polisie se streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die dorp gewoonlik 'n toestroming van besoekers ondervind tydens vakansiedae, veral in sleuteldorpe soos Oshakati, Ongwediva en Ondangwa, wat…
7 Apr 11PM 1 min

EFF veroordeel betalings van miljoene aan geskorste stadsbestuurder

Die EFF veroordeel die Nelson Mandelabaai-metro vir die betaling van 5,8-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan sy geskorste stadsbestuurder, Noxolo Nqwazi. Woordvoerder Sinawo Thambo sê Nqwazi ontvang steeds sy salaris sedert sy skorsing in Oktober 2023 omdat die munisipaliteit versuim het om betyds dissiplinêre stappe in te stel. Thambo sê die stad…
7 Apr 11PM 1 min