Vlugte in VSA in erge gedrang

Loading player...
Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, waarsku die situasie gaan vererger omdat gekanselleerde vlugte en vertragings gaan toeneem. Byna 3 000 vlugte na, van en in die Verenigde State is die naweek gekanselleer nadat die Federale Lugvaartadministrasie vlugte by 40 van die land se besigste lughawens ingekort het. Duffy het aan CNN gesê die verminderde vlugte kan tot 20 persent styg indien die regeringsluiting nie vinnig beëindig word nie:
10 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Taxi-fooie is onveranderd, ook vir langafstand - ministerie

Dit wil voorkom asof taxi-operateurs, veral langafstand bestuurders hulle fooie onwettig te verhoog. Volgens die vervoerministerie steeds geen formele aansoek gekry vir ‘n verhoging nie. Dit moet deur die vervoerraad oorweeg word en tot dit goedgekeur is, is verhogings onwettig. Kosmos 94.1 Nuus het met Jonas Sheelongo, uitvoerende direkteur in…
8 Apr 6AM 1 min

Nuwe riglyne vir pluimvee, beskerming vir plaaslike produsente

Die handelsministerie het vorige pluimvee-invoerbeperkings herroep om plek te maak vir 'n nuwe ondersteuningstelsel vir plaaslike boere. Dit kom na jare se smokkelary van ingevoerde hoender met plaaslike produsente wat teen duurder produseer en groot uitdagings ervaar het. Ingevolge die huidige riglyne mag die hoeveelheid pluimveeprodukte wat 'n invoerder die…
8 Apr 6AM 1 min

Iran-stilstand: Israel is die 'wild card'

Israelse premier Benjamin Netanyahu sê die skietstilstand wat bereik is met Iran sluit nie Libanon in nie al het Pakistan, wat dit bemiddel het, Libanon ingesluit. Israel is bekend daarvoor dat hy skietstilstand-ooreenkomste oortree en een van Netanyahu se hoof doelwitte is om Iran, wat hy as beduidende bedreiging vir…
8 Apr 6AM 1 min

Inwoners van Zambezi kruip op eilande weg saam met wild, vee

Die watervlakke van die Zambezirivier by Katima Mulilo het hierdie week dié van vorige jare ver oortref. Dit is weens buitengewoon swaar reënval in die opvanggebiede in Angola, Zambië en Noord-Botswana. Die Chobe-rivier by die Chobe Water Villa-terrein het 2,93 meter gemeet. Jofie Lamprecht van Lamprecht Safaris vertel meer.
8 Apr 5AM 1 min