Kaapstad se riool in see bekommer Cape Independence Party

Loading player...
Die Cape Independence Party sê Kaapstad het ʼn rioolkrisis wat dringend hanteer moet word. Meer as 40-miljoen liter onverwerkte riool word daagliks in die Atlantiese Oseaan gestort deur uitlaatpunte by Groenpunt, Kampsbaai en Houtbaai. Karl Bodin van die party sê hierdie toksiese stortvloed vergiftig strande, bedreig die seelewe en ondermyn Kaapstad se reputasie as bestemming van wêreldgehalte:
31 Oct 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

KI en verantwoordelike gebruik, genoegsame wetgewing onder die loep

Die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, Phillipus Katamelo, het die behoefte aan verantwoordbaarheid in die gebruik van kunsmatige intelligensie beklemtoon. Katamelo het tydens die 28ste Konferensie van Speakers en Voorsittende Beamptes van die Statebond in Nieu-Delhi, Indië, gesê stelsels kan nie funksioneer sonder behoorlike voorsorgmaatreëls nie. Hy sê dat terwyl…
19 Jan 2AM 1 min

Soektog vir burgemeesterskomiteelid duur voort in Mosambiek

Die soek- en reddingspogings na Ekurhuleni se burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer, Andile Mngwevu, en drie ander in Mosambiek is verskerp. Dit volg nadat die voertuig waarin hulle gereis het, Saterdag deur vloedwater in die Chokwé-gebied meegesleur is. Vyf mense was oorspronklik in die voertuig, maar een het daarin geslaag…
19 Jan 2AM 1 min

Eskom kan nie aan SA se groeiende eise voldoen nie - Mbeki

Oudpresident Thabo Mbeki sê Eskom kan nie aan Suid-Afrika se groeiende ekonomiese en tegnologiese eise voldoen nie. Mbeki waarsku ontwikkelings soos kunsmatige intelligensie en datasentrums vereis groot hoeveelhede elektrisiteit. Hy sê Eskom se opwekkingskapasiteit kan vinnig uitgebrei word, maar interne struikelblokke keer optrede. Hy sê ook ʼn nasionale dialoog is…
19 Jan 1AM 1 min

Motsepe stel Afrika-Nasiesliga bekend

Die president van die Konfederasie van Afrikasokker, Patrice Motsepe, het amptelik die nuwe Afrika-Nasiesliga bekendgestel, met 54 deelnemende lande. Die toernooi, wat in een land aangebied sal word tussen FIFA-toernooie, sal sone-kompetisies insluit met wenners wat sal deurdring na die eindstryd. Motsepe het onderneem om skeidregters te verbeter en respek…
19 Jan 1AM 1 min

Carney sê Groenland se toekoms behoort nie aan Trump nie

Die Kanadese premier Mark Carney sê sy land sal altyd die soewereiniteit en gebiedsintegriteit van lande, insluitend Groenland, ondersteun. President Donald Trump het herhaaldelik daarop aangedring dat Amerika Groenland moet verkry vir nasionale veiligheid en om te verhoed dat Rusland of China beheer kry. Hy het ook gedreig om nuwe…
19 Jan 12AM 1 min