Wêreldwys | Gaan Nederland soos wat ons dit geken het bly voortbestaan? | Ep. 68

Loading player...
Minder as twee jaar ná die vorige algemene verkiesing in Nederland, kry dié land se byna veertien miljoen stemgeregtigde kiesers 29 Oktober weer die geleentheid om die 150 lede van die Nederlandse laerhuis te verkies. ʼn Groot meerderheid Nederlanders is tans egter diep ongelukkig oor die rigting waarin die land beweeg. Faktore soos massa-immigrasie, ʼn ernstige behuisingstekort, stygende lewenskoste en ʼn algemene onsekerheid oor die toekoms van Nederland en Europa dryf die ontevredenheid onder die kiesers aan.
Chapters
  • 00:00 Nederlandse politiek vandag
  • 21:42 Scenario’s vir die komende verkiesing
  • 29:34 Moontlike koalisie-opsies
  • 32:39 Wat gaan Woensdag gebeur?
24 Oct 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Die wêreld staan nie stil nie | Ep. 94 | Maroela Media

Ná ’n lang produksiebreek is Wêreldwys vandeesweek weer terug met hierdie jongste episode. Die wêreld staan geensins stil nie. Verskeie van die groot voortslepende konflikte in die wêreld het die afgelope weke deur verskeie ontwikkelingsfases gegaan, maar nie noodwendig nader aan ’n finale fase van vrede beweeg nie.
24 Jul 24 min

Wêreldwys | Wie gaan eerste ingee? | Ep. 90

In hierdie week se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans onder andere na die jongste verwikkelinge in die Midde-Ooste en vra die groot vraag: Wie gaan eerste ingee? Die skietstilstand tussen die VSA en Iran hou nou al lank genoeg aan dat dit al moeiliker word vir albei partye om enigsins hul…
29 May 31 min