TVET moet verskerp word

Loading player...
Joseph Mukendwa, die beleidshoof by die Namibië Groenwaterstofprogram, het 'n beroep gedoen op die versnelde ontwikkeling van tegniese en beroepsonderwys en –opleiding, of TVET. Hy sê dit is noodsaaklik om Namibië se werksmag toe te rus met die vaardighede wat nodig is om die land se sekondêre sektor te laat groei. Die sektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk het sedert 2004 op ongeveer 15 persent gebly. Mukendwa beklemtoon dat die versterking van TVET noodsaaklik is om werkloosheid tot enkelsyfers te verminder.
24 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Groot toename in witmielie-produksie verwag

Volgens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede was witmielie-produksie in 2025 op 69 541 metrieke ton, wat in 31 persent van die plaaslike vraag voldoen het. Liseli Mwilima, woordvoerder van die Namibiese Akkerbouraad, het aan Kosmos 94.1 gesê dramaties hoër produksie word vanjaar verwag, weens die goeie reën en die impak…
9 Apr 11AM 1 min

Staatswerkersvakbond steun wetwysigings vir sterker bestuur

Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die wysigings aan die Wet op die Staatsdiens om sterker bestuur en verantwoordbaarheid te bevorder. Woordvoerder Claude Naicker beklemtoon die hervorming van meriete-gegronde aanstellings en die uithou van politiek uit die Staatsdiens. Hy sê daar is 'n behoefte aan groter betrokkenheid by ontslane werknemers en…
9 Apr 11AM 1 min

Jong professionele mense sukkel finansieel 'weens stelsel'

Jong professionele persone verdien meer en bereik meer op papier as vorige generasies, maar finansieel voel die meerderheid vasgevang. Wêreldwye navorsing toon dat byna die helfte van sogenaamde Millennials nie finansieel veilig voel nie, met meer as die helfte wat van salaris tot salaris leef namate lewenskoste aanhou styg. Zandile…
9 Apr 10AM 1 min

RP maak stem dik oor in situ-uraanloging in akwifeer

Die Republikeinse Party het sy stem dik gemaak oor in situ-loging in die Stampriet-akwifeer. Dit kom na 'n verslag van die Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne in die parlement ter tafel gelê is, wat aanbeveel dat Headspring Investments toegelaat word om te boor en in-situ uraanonttrekking uit te voer by…
9 Apr 10AM 1 min