VSA stel sanksies teen Russiese oliemaatskappye aan

Loading player...
Amerika het sanksies ingestel teen Rosneft en Lukoil, twee van Rusland se grootste oliemaatskappye, omdat Moskou nie ernstig oor vrede met Oekraïne is nie. Volgens die Departement van Finansies sal die sanksies druk op Rusland se energiesektor plaas, verhoed dat die Kremlin geld vind vir sy oorlogsmasjien en om die verswakte ekonomie te ondersteun. Die Britse regering het ook verlede week sanksies teen die oliemaatskappye ingestel. President Donald Trump van Amerika sê die stappe sal beslis 'n uitwerking op Moskou hê:
23 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

McIlroy loop voor in Augusta

Die wêreld-nommer-twee, Rory McIlroy, se poging om slegs die vierde man te word wat agtereenvolgende Meesters-toernooie te wen, het op ʼn goeie noot begin. Die 36-jarige speler van Noord-Ierland loop na die eerste ronde in Augusta, Georgia, voor saam met die Amerikaner, Sam Burns, ná ʼn vyf onder baansyfer 67…
10 Apr 1AM 1 min

Amper 50% van afvalwaterstelsesl in SA in kritieke toestand

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings sê byna die helfte van afvalwaterstelsels is in 'n kritieke toestand, hoofsaaklik as gevolg van verouderende infrastruktuur, vaardigheidstekorte en finansiële beperkings. Die woordvoerder van SALGA, Motalatale Modiba sê die bevindinge van die jongste groen druppel-, blou druppel- en geen druppel-verslae toon volgehoue druk op…
10 Apr 1AM 1 min

Walvis is Saterdag gasheer vir 4x4 Vasbyt

Die heel eerste 4x4 Vasbyt saam met motorfietse tref die duine van Walvisbaai hierdie Saterdag, 11 April. Die geleentheid beloof hoë-oktaan aksie terwyl Namibië se topbestuurders uitmergelende hindernisse aanpak, en vir die eerste keer ooit sal MX-fietswedrenne op dieselfde baan gehou word. Die aksie begin om 8-uur die oggend by…
10 Apr 1AM 1 min

O&L Leisure wen internasionale toekenning

O&L Leisure is aangewys as die gesamentlike wenner van die Escapist-toekenning by die OutThere Experientialist-toekennings 2026, wat in Londen gehou is. Die Escapist-kategorie erken reiservarings wat fokus op welstand, rustigheid en betekenisvolle toevlug. Die voorsitter van die O&L-groep, Sven Thieme, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die groep sal fokus…
10 Apr 1AM 1 min

Hardap-produsente verheug oor invloei

Die Hardapdam het vroeër die week binne 24 uur invloei van net meer as 4 miljoene kubieke meter gehad, wat hom tot 58,8 persent opgestoot het. Die verwagting is dat die dam nog heelwat invloei sal kry as dit reën soos voorspel word. Kosmos 94.1 Nuus het Donderdag met Rico…
10 Apr 12AM 1 min