Die wêreld-nommer-twee, Rory McIlroy, se poging om slegs die vierde man te word wat agtereenvolgende Meesters-toernooie te wen, het op ʼn goeie noot begin. Die 36-jarige speler van Noord-Ierland loop na die eerste ronde in Augusta, Georgia, voor saam met die Amerikaner, Sam Burns, ná ʼn vyf onder baansyfer 67…
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings sê byna die helfte van afvalwaterstelsels is in 'n kritieke toestand, hoofsaaklik as gevolg van verouderende infrastruktuur, vaardigheidstekorte en finansiële beperkings. Die woordvoerder van SALGA, Motalatale Modiba sê die bevindinge van die jongste groen druppel-, blou druppel- en geen druppel-verslae toon volgehoue druk op…
Die heel eerste 4x4 Vasbyt saam met motorfietse tref die duine van Walvisbaai hierdie Saterdag, 11 April. Die geleentheid beloof hoë-oktaan aksie terwyl Namibië se topbestuurders uitmergelende hindernisse aanpak, en vir die eerste keer ooit sal MX-fietswedrenne op dieselfde baan gehou word. Die aksie begin om 8-uur die oggend by…
O&L Leisure is aangewys as die gesamentlike wenner van die Escapist-toekenning by die OutThere Experientialist-toekennings 2026, wat in Londen gehou is. Die Escapist-kategorie erken reiservarings wat fokus op welstand, rustigheid en betekenisvolle toevlug. Die voorsitter van die O&L-groep, Sven Thieme, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die groep sal fokus…
Die Hardapdam het vroeër die week binne 24 uur invloei van net meer as 4 miljoene kubieke meter gehad, wat hom tot 58,8 persent opgestoot het. Die verwagting is dat die dam nog heelwat invloei sal kry as dit reën soos voorspel word. Kosmos 94.1 Nuus het Donderdag met Rico…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.