President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Nicholas Mukasa as die tweede adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië aangestel, met ingang van 1 Mei. Hy vervang Ebson Uanguta wat as goewerneur aangestel is en sal by Leonie Dunn in die rol aansluit. Mukasa sal 'n sentrale rol speel om die goewerneur te ondersteun…
ActionSA het die volledige verslag van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat bekom oor die gedrag van lede van die Presidensiële Beskermingseenheid in die nasleep van die Phala Phala-skandaal. Daar is bevind 'n ondersoek deur die eenheid se hoof, Wally Rhoode, na die diefstal van miljoene Amerikaanse dollar van president Cyril Ramaphosa se…
Die Vereniging van Staatsamptenare vra dat die regering oplossings vind vir strukturele kwessies in die brandstofprys-model, insluitend belastings en heffings wat werkers buite verhouding swaar raak. Dit volg te midde van die regering se pogings om die stygende brandstofprys te verlig deur kers op te steek by lande met soortgelyke…
Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê hy het ingestem tot onderhandelinge met die Libanese regering. Die gesprekke sal volgende week in Washington plaasvind, terwyl die VSA en Iran in Pakistan sal ontmoet. Paul Salem, senior genoot van die Midde-Oosterse Instituut, sê gesprekke tussen die twee lande sal moeilik wees.
Op 28 April bied Agra Veilings sy Namibia Genetics-veiling by die Agra Bank Windhoek ring in Windhoek. Met nege verskillende rasse wat aangebied word is daar 'n totaal van 59 bulle en 63 vroulike diere. Vanjaar se hoogtepunt is die vyf Hereford bulle. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.