Van Zyl praat oor groter dwelmvondse in die land

Loading player...
NamPol het onlangs weer twee groot dwelmbeslagleggings gemaak. Twee mense is in Hentiesbaai gearresteer na groot hoeveelhede dwelms ter waarde van 618 910 Namibiese dollar in hul huis gevind is. Oor die naweek het Ariamsvlei-grensbeamptes dwelms van sowat 3,5 miljoen dollar onder 'n bruggie naby die grens gevind. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nampol se ouddwelmhoof, Hermie van Zyl, wat sê mense moenie pakkies vir ander mense vervoer nie, veral nie oor grense nie, as hulle nie weet presies wat in die pakkie is nie.
21 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nicholas Mukasa aangestel as BoN adjunk-goewerneur

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Nicholas Mukasa as die tweede adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië aangestel, met ingang van 1 Mei. Hy vervang Ebson Uanguta wat as goewerneur aangestel is en sal by Leonie Dunn in die rol aansluit. Mukasa sal 'n sentrale rol speel om die goewerneur te ondersteun…
10 Apr 8AM 1 min

Wat het Cyril geweet oor Phala Phala: ActionSA

ActionSA het die volledige verslag van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat bekom oor die gedrag van lede van die Presidensiële Beskermingseenheid in die nasleep van die Phala Phala-skandaal. Daar is bevind 'n ondersoek deur die eenheid se hoof, Wally Rhoode, na die diefstal van miljoene Amerikaanse dollar van president Cyril Ramaphosa se…
10 Apr 8AM 1 min

Onderhandelinge tussen VSA en Iran, Israel en Libanon sal sukkel

Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê hy het ingestem tot onderhandelinge met die Libanese regering. Die gesprekke sal volgende week in Washington plaasvind, terwyl die VSA en Iran in Pakistan sal ontmoet. Paul Salem, senior genoot van die Midde-Oosterse Instituut, sê gesprekke tussen die twee lande sal moeilik wees.
10 Apr 6AM 1 min

Groot afwagting vir Namibia Genetics-veiling

Op 28 April bied Agra Veilings sy Namibia Genetics-veiling by die Agra Bank Windhoek ring in Windhoek. Met nege verskillende rasse wat aangebied word is daar 'n totaal van 59 bulle en 63 vroulike diere. Vanjaar se hoogtepunt is die vyf Hereford bulle. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein,…
10 Apr 6AM 1 min