President Cyril Ramaphosa beskryf die swaar reën in Limpopo as rampspoedig. Hy het die provinsie gister besoek om die omvang van die skade en die regering se reaksie te bepaal. ʼn Seun is vroeër die week in die Mutale-rivier meegesleur en ʼn vierjarige het Woensdag by die Mbaula-nedersetting verdrink. Die…
Die Britse skadu-justisieminister, die Konserwatiewe Party se Robert Jenrick het oorgeloop en aangesluit by Reform UK in ‘n stap wat groot skok veroorsaak het. Die leier van die party Kemi Badenoch het hom voorgespring – voor hy die aankondiging kon maak het sy hom in ‘n video aanlyn afgedank. Nick…
Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê Namibië se kreatiewe bedryf beweeg van die kantlyn na die hoofstroom, met 'n nuwe vooruitsig vir 2026 wat die sektor in die middelpunt van ekonomiese transformasie plaas. Die momentum volg op die bekendstelling van die Nasionale Kulturele en Kreatiewe Nywerheidstrategie in laat 2025. Gesteun deur 'n…
Die voorsitter van Nanso, Bernard Kavau, sê onderwysers is nie behoorlik opgelei om NSSC Gevorderde Subsidiêre-vlak, bekend as AS, in skole te onderrig nie. Dit kom na die vrystelling van die graad 11- en 12-uitslae. Hy sê onderwysers se mislukking word dan aan die leerders toegeskryf, wat nie aanvaarbaar is…
Daar word verwag dat wêreldwye arbeidsproduktiwiteit teen 'n matige, maar ongelyke tempo in 2026 sal groei. Produktiwiteitswinste bly veral swak in lae-inkomste-ekonomieë, insluitend Namibië, wat inkomstekonvergensie tussen lande belemmer en verbeterings in lewenstandaarde en werksgehalte beperk. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidsdeskundige Sydwill Scholtz gepraat wat sê dat die arbeidsmark…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.