Holistiese jeuggesondheid onder die loep by #BeFree

Loading player...
Die One Economy Foundation, deur sy geassosieerde programme, die #BeFree-beweging en die #BreakFree Anti-Violence-veldtog, bied vandag die eerste SparkRx Jeuggesondheid-innoveringsberaad aan. Die inisiatief, wat plaasvind by die #BeFree Jeugkampus Spark-saal in Windhoek, sal regeringsleiers, jeuginnoveerders, akademici en die burgerlike samelewing bymekaarbring om die kruispunt van geslagsgeweld en vrouemoord, seksuele en reproduktiewe gesondheid, en innovasie te ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigting se woordvoerder, Ileni Hitula gepraat.
17 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Efundja het begin, laagliggende streke oorstroom

Terwyl goeie reënval in suidelike Angola voortduur, is vloei van Ondjiva na die Cuvelai in Namibië waargeneem en 'n waarskuwing vir vloedwater, algemeen bekend as efundja, is deur die Hidrologiese Diens uitgereik. Efundja het reeds laagliggende streke oorstroom, toegangsroetes geblokkeer en daaglikse aktiwiteite versteur. Kosmos 94.1 Nuus het met Alfeus…
10 Apr 11AM 1 min

Legende Tom Watson kritiseer LIV-gholfspelers se terugkeer

Gholf: Die agtmalige major-kampioen Tom Watson kritiseer die PGA-toer omdat hulle Brooks Koepka en Patrick Reed toelaat om van LIV Gholf terug te keer. Die 76-jarige Amerikaner voer aan die toer het nie sy woord gehou met sy belofte aan getroue spelers nie. Koepka het in Januarie teruggekeer terwyl Reed…
10 Apr 11AM 1 min

Enduro-kampioenskap brul weer by Itumba-baan

Die tweede been van die Nasionale Enduro-kampioenskap sal môreoggend by die Itumba-baan suid van die hoofstad plaasvind. Meer as 50 motorfietsryers in sewe verskillende klasse sal deelneem, soos Francois Lottering verduidelik.
10 Apr 10AM 1 min

Goethe-instituut se taalkompetisie was 'n wenner

Die Goethe-instituut, wat hom wêreldwyd beywer vir die aanleer van Duits, het 'n taalkompetisie op 28 Maart gehou in vennootskap met die Duitse-Namibiese Vereniging. Die doel was dat Duits-leerlinge hul vaardighede ten toon stel, met die wenners wat groot pryse losgeslaan het. Die instituut se Ingrid Barth het meer.
10 Apr 10AM 1 min