Mashatile vra vir meer intra-Afrika handel

Loading player...
Die adjunkpresident, Paul Mashatile sê die versterking van die waardekettings op die Afrika-vasteland is noodsaaklik om waardetoevoeging te bevorder en mededingendheid te bereik. Hy het Dinsdag die tweede byeenkoms van die Invest in Senegal-forum toegespreek. Die forum lê hom toe op die bevordering van handel en beleggings deur die sakegemeenskappe in Senegal, Afrika en die wêreld bymekaar te bring. Mashatile sê Afrikalande het saam hard gewerk om die Afrika-vryhandelsooreenkoms te skep en dit is nou tyd om dit ten volle in te stel:
8 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stygende bedryfskoste striem sake in Namibië

Soos Namibië 2026 binnegaan, navigeer werkgewers 'n uitdagende sakeklimaat wat gekenmerk word deur stadige ekonomiese groei, volgehoue hoë werkloosheid, stygende bedryfskoste en voortdurende onsekerheid rondom belegging en vraag. Die president van die Namibiese Werkgewersfederasie, Elia Shikongo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie druk sake-uitbreiding beperk en werkskepping bedreig.
17 Jan 6AM 1 min

Noodeenheid na vloedramp in Limpopo, Mpumalanga ontplooi

Die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, het die departement se noodbehuisingseenheid ontplooi na vloedgeteisterde gebiede in Limpopo en Mpumalanga. Die behuisingsingryping in Limpopo word gelei deur spanne wat die skade nagaan aan meer as 'n duisend huishoudings wat geraak is. In Mpumalanga kan sommige gesinne hervestig word of van…
17 Jan 4AM 1 min

Eksdirekteur van Steinhoff vyf jaar tronk toe

Cosatu het die skuldigbevinding van die voormalige Steinhoff-direkteur, Iwan Schelbert, deur die Pretoriase Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verwelkom. Schelbert het skuldig gepleit op bedrog en ingestem om te getuig, waarna hy vyf jaar tronkstraf opgelê is. Die federasie sê dit is 'n langverwagte oorwinning vir werkers en pensioenarisse wat 24 miljard rand…
17 Jan 3AM 1 min

SA ekonomie groei teen slakkepas

Die regering verwelkom die Wêreldbank se verslag wat toon dat Suid-Afrika se ekonomie verlede jaar met 1,3 persent gegroei het. Die verslag skryf hierdie verbeterings toe aan meer betroubare elektrisiteitsvoorsiening, 'n sterk landbou-oes en verhoogde sakevertroue. Die bank projekteer groei van 1,4 persent vanjaar en 1,5 persent volgende jaar, hoofsaaklik…
17 Jan 2AM 1 min

Unam sit voet neer oor gr. 11's

Die Universiteit van Namibië het benadruk dat dit nie graad 11-leerders sal toelaat nie en hou vol dat voornemende studente graad 12 moet voltooi om vir toelating te kwalifiseer. Unam-woordvoerder Simon Namesho het Vrydag beklemtoon dat die gehalte van onderrig nie in die gedrang gebring sal word nie. Hy het…
17 Jan 2AM 1 min