HJ Cronjé vertel vandag vir ons nog een van sy Kalaharistories. Sy getuienis verhale het 'n geestelike boodskap, maar word vertel in daardie unieke styl wat mens slegs daar op die kaal vlaktes kan optel. Vandag se storie se naam is “Wanneer honger bid” uit Gen 27:34
Ons skop die program af met 'n vergrootglas op huwelike. Deon en Karen du Toit van Huweliksfokus is huweliksaktiviste, en vandag praat Deon oor die tema: “Hoe het die geveg nou weer begin? #3”
Ds Janlu Kuyler (Dominee van NG Robertson) is weekliks aan die beurt met elke dag waarhede uit die Woord. Vandag se gesprek gaan oor Psalm 2 en handel oor Jesus wat die Koning van die konings is.
Ons het 'n oordenking wat elke week tematies “God en Finansies” dek. Dit word aangebied deur Wynand du Preez en vandag gesels hy oor die tema: “Dis jou voorreg om te mag gee” uit 1 Kron 29:10.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.