Sport, politiek en die narratief van onderdrukking

Loading player...
In hierdie week se KLETS vat ons die land se temperatuur – en nie net omdat die seisoen draai en jy skielik nie weet of jy ’n baadjie of ’n braaivurk moet vat nie.

Ons praat oor sport en emosie: Drikus du Plessis wat wys hoe ’n klap ook ’n storie kan vertel, en die Springbokke se nederlaag die afgelope naweek wat jou dalk laat wonder of dit nie tyd is om ’n nasionale dialoog in die kleedkamer te begin nie.

Van daar skuif ons na die groot politieke speelveld. Die ANC se nasionale dialoog – is dit werklik ’n gesprek, of net nog ’n manier om die klank van grondvlak-stemme te ignoreer? Ons kyk na die mobilisering van politieke energie, die strategieë agter die skerms, en hoe die identiteit van die ANC deesdae meer met onderdrukking en werkloosheid verbind word as met hoop en bevryding.

En dan, die groter vraag: hoe hou die narratief van onderdrukking Suid-Afrika vas, en hoe breek ons daaruit? Is daar ’n nuwe toekoms moontlik, of herhaal ons net die selfde ou draaiboek?

Dis sport, politiek, emosie en ’n tikkie satire – alles in een gesprek wat jou laat dink… en dalk laat lag, selfs al voel jy eintlik lus om te huil.
20 Aug 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Hitte, Hormone en Hoofopskrifte

Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte. Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die…
11 Feb 1 hr 04 min

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die…
28 Jan 53 min

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik? Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar…
14 Jan 1 hr 15 min

Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou

In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek. Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm…
7 Jan 1 hr 12 min