Kakkerlakke en ’n land vol Dialoog planne

Loading player...
In hierdie week se KLETS kyk ons na die Nasionale Dialoog – daai groot “kom ons gesels”-projek wat miljoene rande kos. Die DA rol hul 6-punt-plan uit om Suid-Afrika reg te ruk – ses fokusareas wat, volgens hulle, die land kan draai van chaos na iets wat lyk soos orde.

Maar ons het ook vir ChatGPT gevra wat sy 6 belangrikste punte sou wees om Suid-Afrika om te keer. Die resultate? Prakties, duidelik, amper té sinvol… Mens wonder half of die DA nie dalk ook ’n draai by ChatGPT gemaak het nie.

Gayton McKenzie is weer in die kollig – met tonele wat meer pas by Narcos: Die Orania Edition as by ’n minister.

En dan’s daar die “kakkerlak”-saga rondom Kenny Kunene. Die hof het beslis dat sy gebruik van die woord teenoor Julius Malema wél as haatspraak tel – nie net ’n belediging nie, maar ’n gevaarlike term met ’n donker geskiedenis in internasionale konflikte. In Suid-Afrika dra woorde gewig, veral in die politiek.

Want hier, as jy nie lag nie, gaan jy net huil… en by KLETS kies ons gewoonlik die lag – met ’n steek of twee in die ribbes waar dit saak maak.
13 Aug 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min

Dis Veiliger om te Sit

Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/ Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers…
19 Aug 57 min