Jessica Humphrey het reeds drie nasionale rekords in net drie dae by die Statebondspele in Glasgow verbeter en skryf steeds geskiedenis vir Namibië. In hierdie eksklusiewe gesprek deel sy meer oor haar indrukwekkende prestasies, haar ervaring om op die internasionale verhoog mee te ding en waarna sy volgende uitsien. Moenie…
Jean-Louis gesels met Dewald van Niekerk, Suid-Afrika se nommer 1 muurbalspeler, tweemalige Namibiese Ope-kampioen, agtvoudige Suid-Afrikaanse kampioen en tans nommer 68 op die PSA Wêreldranglys. Hulle praat oor sy merkwaardige loopbaan, sy tyd in Namibië, en die afrigtingsessies en uitdagings wat hy dié week aanbied om plaaslike spelers te inspireer…
Jean-Louis gesels met Nilson Coelho, die Nasionale Afrigter van Namibië se Brazilian Jiu-Jitsu-span, oor die sport wat wêreldwyd vinnig groei en waarom hierdie naweek se Nasionale Brazilian Jiu-Jitsu-kampioenskappe in Windhoek 'n belangrike mylpaal is. Die kampioenskappe by Pionierspark Primêre Skool bied nie net die geleentheid om Namibië se beste talent…
Jean-Louis gesels met Henrico, Besturende Direkteur van Tiger Wheel & Tyre, oor die opwindende Tiger Wheel & Tyre & Kosmos 94.1 Padel Liga. Hulle bespreek wat deelnemers en ondersteuners kan verwag, waarom die liga so 'n besonderse geleentheid is, en hoe hierdie vennootskap sportliefhebbers bymekaar bring. Luister saam vir al…
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor die unieke A.Vogel Multiforce Alkaliese Poeier en waarom hierdie produk ’n gewilde keuse is vir mense wat hul gesonde leefstyl wil ondersteun. Hulle bespreek wat hierdie produk besonders maak, die verskillende geure en groottes waarin dit beskikbaar is, asook hoe dit deel van ’n…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.