🚗💢 Oortreders op ons paaie – ’n ernstige saak 🛑🎙️ Verkeersdepartement 07 Julie 2025

Loading player...
🚗💢 Oortreders op ons paaie – ’n ernstige saak 🛑🎙️
Elke motoris het al die frustrasie ervaar: iemand wat jou afsny, op jou buffer ry, jou verbygaan op ’n soliede lyn, of sommer die rooi lig ignoreer. Dis nie net irriterend nie – dit kan lewensgevaarlik wees. 🎧 Vandag gesels Danny met Verkeershoof Reinet Srikakis van die Mosselbaai Provinsiale Verkeersentrum oor die toestand op ons plaaslike paaie – en wat is die werklike gevolge van swak gedrag op ons paaie? Van die mees algemene verkeersoortredings tot die impak van die winterseisoen op padveiligheid – ons vra die vrae wat saak maak.
👉 Luister nou om uit te vind:
• Wat is die grootste kommer op Mosselbaai se paaie?
• Hoe beïnvloed die winter die risiko's?
• Hoeveel ernstige voorvalle is onlangs aangemeld?
• Wat doen die verkeerspan om veiligheid te bevorder?
• En watter raad gee Hoof Srikakis aan alle padgebruikers in ons streek?
🎙️ Moenie dié insiggewende gesprek misloop nie – klik, luister en deel dit met mede-padgebruikers!
#Verkeer #Padveiligheid #Mosselbaai #SFMpodcast #Gemeenskapsveiligheid
7 Jul 2025 Afrikaans South Africa Entertainment News · Entertainment News

Other recent episodes

Kus tot Kruin🔥🌿 Bewaring kan nie wag nie 🌿🔥 15 Januarie 2026

Fred staan stil by die verwoestende brande wat sedert Desember die Suid-Kaapse kus getref het – van Pearly Beach tot in Tsitsikamma. Hy noem moontlike oorsake, die impak op mens, dier en natuur, en belangrik: wat gedoen kan word om skade aan eiendomme te beperk of selfs te voorkom. Omgewingsbrokkies…
16 Jan 15 min

Haasbroek en Jonker toere - Skandinawië - 29 Desember 2025

In hierdie gesprek gesels Danny met Riaan van Andre Haasbroek en Tienie Jonker Toere 🧳 oor hul toeragtergrond, hoe lank hulle al bestaan, en waarom hulle ’n gewilde keuse is onder Suid-Afrikaanse reisigers. Die gesprek fokus op die opwindende toere wat vir 2026 beplan word – van die pragtige lande…
31 Dec 2025 14 min