Wêreldwys | Kry Trump sy sin by die groot berade? | Ep. 53

Loading player...
Vanjaar is ’n groot jaar vir internasionale berade, veral in die Westerse wêreld. Tussen die G7, Navo, Brics en G20 is daar vanjaar verskeie geleenthede vir wêreldleiers om te onderhandel, belyn en baklei. Tans lyk dit asof soveel van die internasionale politiek sentreer rondom Donald Trump se wil en weë. Luister na hierdie week se aflewering van Wêreldwys om die vraag te begin beantwoord of Trump besig is om sy sin te kry in hierdie tweede presidensiële termyn van hom?
Chapters
  • 00:00 Trump bemiddel tussen Israel en Iran
  • 06:17 Oorlog in Oekraïne duur voort
  • 07:50 Binnelandse beleid in die VSA
  • 12:04 1. ’n Flouerige G7 in Kanada
  • 16:00 2. Groot suksesse by Navo
  • 23:24 3. Opkomende Brics-beraad
  • 30:30 4. Onsekerheid oor G20
2 Jul 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Die wêreld staan nie stil nie | Ep. 94 | Maroela Media

Ná ’n lang produksiebreek is Wêreldwys vandeesweek weer terug met hierdie jongste episode. Die wêreld staan geensins stil nie. Verskeie van die groot voortslepende konflikte in die wêreld het die afgelope weke deur verskeie ontwikkelingsfases gegaan, maar nie noodwendig nader aan ’n finale fase van vrede beweeg nie.
24 Jul 24 min

Wêreldwys | Wie gaan eerste ingee? | Ep. 90

In hierdie week se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans onder andere na die jongste verwikkelinge in die Midde-Ooste en vra die groot vraag: Wie gaan eerste ingee? Die skietstilstand tussen die VSA en Iran hou nou al lank genoeg aan dat dit al moeiliker word vir albei partye om enigsins hul…
29 May 31 min