Tydens die akademiese jaar opeing van die Peritum Agri Institute in Bloemfontein, het Dr Tobias Doyer, hoofbestuurder van Graan SA, die geleentheid as eregas bygewoon. Isabel van Tonder gesels met Dr Tobias Doyer oor die landbou-opleidingsinstansie en die betekenis daarvan in die Suid-Afrikaanse graanbedryf.
Ds Fritz Potgieter, leraar van die Gereformeerde Kerk, Bloemfontein Suid, gesels verder oor die fonds wat gestig is om boere behulpsaam te wees in moeilike tye, veral met die uitdaging om kinders se skool en koshuisgeld te betaal.
Bpere gaan gebuk onder moeilike omstandighede. Ds Fritz Potgieter, leraar van die Gereformeerde kerd Bloemfontein-suid en voorsitter van die GKSA se deputate diakonale sake, gesels hieroor en die fonds wat gestig is om boere te help.
Isabel van Tonder berig oor 'n onlangse wenner van die Graan SA/John Deere My Hero kompetisie, wat slegs 11 jaar oud is. Annerette Meyer van 'n plaas net buite Groblersdal, het reeds haar eie hoenderboerdery en boer ook met erdwurms en swart soldaatvliee, as voedselaanvulling in haar boerdery.
Stephan Pietersen van Work Accident Report gesels met Elsabe Richard May oor boerderye wat geregistreer moet wees by die Departement van Indiensneming en arbeid se vergoedingsfonds, om hulle werkers te dek teen werksbeserings.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.