Tassies gepak, loadshedding terug en Colene het nou "rizz"!

Loading player...
In hierdie week se KLETS-episode be-klets Colene en Matthys die week se chaos, satire en pure werklikheid met rizz en ’n ekstra sterk battery pack (want ja, loadshedding is terug).

Charlize Theron het dit jare terug gesê: daar’s net 44 Afrikaanse mense oor in die land. En nou, ironies genoeg, het die 44 en hul 5 vriende toe hul pad na die VSA gevind. In daai gees het Cyril Ramaphosa besluit om ná 20 jaar die “ander Afrikaner” te gaan besoek – by Nampo, nogal. Is dit ‘n opregte poging tot verbinding, of net nog ’n slim PR oomblik?

Maar wag, Cyril het nou ook besluit om vir Donald Trump te gaan hallo sê in die Withuis, om die “ware verhaal van Suid-Afrika” te vertel – of dalk net die ANC se weergawe daarvan. Trump klink glad nie opgewonde nie, en wonder hardop of Cupcake ooit die GPS reg gaan stel… want kom nou, die man kry nie eens sy iPad nie.

En van tassies pak gepraat – volgens ’n nuwe meningspeiling is daar ’n duidelike lys van lande waarheen mense wil emigreer. Maar wie’s boaan? En waar lê Suid-Afrika?

Dan ontplof daar ‘n storie reg uit ’n Netflix-reeks: die “Gay Cocaine Brotherhood” van in Europa.

Verder maak die nuwe pous sy verskyning, en volgens sy boetie het hulle as kinders nie “dokter-dokter” gespeel nie, maar “pous-pous”.

Colene gee vir ons ’n les in Gen Z-woordeskat, van “rizz” tot “sigma” – alles wat jy nodig het om hip te klink.

As jy op soek is na opinies, satire en "bussin" insigte, is hierdie KLETS vir jou. Want in Suid-Afrika is die lyn tussen grap en werklikheid fyn… of glad nie daar nie.
14 May 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min