Beheerde vloedbestuur bly noodsaaklik te midde van buitengewone reën

Loading player...
Aanhoudende reënval regoor Sentraal-Suid-Afrika het sedert Maart gelei tot beheerde watervrystellings uit die Bloemhof- en Vaaldamme. Terwyl hierdie vrystellings kommer wek onder gemeenskappe langs die Vaalrivier – met sommige wat verliese ervaar – beklemtoon kenners dat sulke maatreëls noodsaaklik is om infrastruktuur te beskerm en vloedrisiko te bestuur. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels Roelie van Reenen, voorsieningskettingbestuurder by die Beefmaster Groep, wat glo Sentraal-Suid-Afrika se uitgebreide waternetwerk nie net ontwerp om langtermyn-watersekerheid te bevorder nie, maar ook om skade gedurende periodes van oormatige reënval te verminder.
29 Apr 2025 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Artikel 19 word bespreek asook brandmerke Ep 5

In deel 2 van die gesprek tussen Isabel van Tonder en professor Andries Raath, gesels hulle verder oor Artikel 19, die duidelike onderskeid wat daar tussen diere-identifikasie, diere verbetering en naspoorbaarheid getref moet word, en brandmerke.
17 Nov 10PM 6 min