
Ingrid Maasdorp-moord: Hartseer pa vra aksie
Loading player...
Die moord en verkragting van klein Ingrid Maasdorp in Okahandja maak steeds opslae. 'n Kerslig-waak is by die onderwysministerie se auditorium gehou, waar beroepe gedoen is dat wette kinders beter moet beskerm. Die geleentheid is bygewoon deur haar ouers, eerste minister Elijah Ngurare, die adjunkminister van onderwys Dino Ballotti, en leiers van verskillende geloofsgebaseerde organisasies.Die dogtertjie se pa, Shaun Goabab, het die afgelope drie weke beskryf as 'n nimmereindigende nagmerrie. Hy vra dat haar moordenaar gou vasgetrek word.