Kommer oor veiligheid van Bloemhofdam - Agri Noordwes

Loading player...
’n Besluit deur die Departement van Water en Sanitasie om die uitvloei van die Bloemhofdam binne 48 uur met 50% te verhoog, het tot grootskaalse oorstromings en strukturele risiko’s gelei met 18 500 hektaar grond wat onder water is. Die wateruitvloei is op 9 April verhoog na 3 000 m³ per sekonde, terwyl die Vaaldam in dieselfde tyd net 807 m³ per sekonde vrygestel het. Dié besluit is geneem nadat die Bloemhofdam reeds 112% van sy kapasiteit bereik het — terwyl die Vaaldam reeds op 114% gestaan het. Agri Noordwes glo hierdie situasie kon vermy gewees het. OFM Indhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met hoof-uitvoerende beampte, Naudé Pienaar...
17 Apr 2025 12AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Graandiefstal is 'n toenemende probleem vir Vrystaatse boere

Graandiefstal is 'n toenemende probleem vir Vrystaatse boere. Isabel van Tonder gesels met Jurg Kruger oor die misdaadsindikate, en die sukses van arrestasies. Daar word ook wenke gegee hoe boere hulself kan beskerm teen die misdaad.
4 May 11PM 4 min