B2Gold verwag goeie witmielie-oes

--:--
Die Namibiese Akkerbouraad is optimisties oor vanjaar se witmielie-produksie. Die B2Gold-myn boer op 'n gedeelte van die land by die Otjikoto-myn, die Erhardtshof -landbouprojek. Verlede jaar tydens die droogte het die projek 1 100 ton witmielies gelewer, en hulle hoop op 'n beter oes vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met John Roos, B2Gold se plaaslike bestuurder, wat meer inligting gee.
16 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sprinkane saai verwoesting in dele van Zambezi-streek

Sprinkane het na die goeie reën verwoesting begin saai in landerye in sommige noordelike areas. Die Zambezi-streek is veral hard getref en die landbouministerie het sowat 1 965 hektaar se landerye bespuit. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu gesels, wat sê dinge lyk nie goed nie en 'n…
25 Apr 8AM 1 min

ANC maak plan met interne etiek, dissipline

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party is besig om streng interne meganismes in te stel om etiese leierskap, doeltreffende regering en deursigtige besluitneming te verseker. Hy het die slotrede gelewer by die party se Noord-Kaapse provinsiale konferensie waar Zamani Saul onbestrede vir ʼn derde termyn as provinsiale…
25 Apr 8AM 1 min

Afrika Energiekamer ondersteun Namibië se olie-ambisies

Die uitvoerende voorsitter van die Afrika Energiekamer, NJ Ayuk, het by die Namibië Internasionale Energiekonferensie sterk steun uitgespreek vir Namibië se olie-ambisies. Hy het die land se plaaslike inhoudbeleid geprys en sê alle beskikbare koolwaterstowwe moet benut word om Namibiërs te bevoordeel. Ayuk beklemtoon die ontwikkeling van plaaslike vaardighede om…
25 Apr 6AM 1 min

Proses rakende volksmoord vergoeding nog nie voltooi nie - NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede gesê dat sy die stryd wat haar voorgangers begin het om vergoeding van Duitsland te verseker vir die Nama-Ovaherero-volksmoord, sal voortsit. Die LPM-leier Bernadus Swartbooi het tydens die vraag-en-antwoord sessie gesê die 1,1 miljard euro wat Duitsland aanbied as vergoeding vir die volksmoord…
25 Apr 6AM 1 min