Die Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda het ʼn ooreenkoms onderteken om mekaar se soewereiniteit te respekteer en aan ʼn skietstilstand te werk. Die oostelike deel van die DRK is sedert Januarie betrokke in gevegte met die Rwandees-gesteunde M23-rebelle. Die ooreenkoms is in Washington onderteken deur die DRK en Rwanda…
Die ANC hou vol die regering van nasionale eenheid bestaan nog en alle partye is tot samewerking verbind. ʼn Afvaardiging ANC- en DA-leiers het Vrydag vergader om die jongste politieke verwikkelinge in die land te bespreek. Dit sluit die nasionale begroting en skrapping van die BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte in. Die…
Namcor het meer besonderhede bekend gemaak oor Rhino Resources wat koolwaterstowwe getref het in sy jongste eksplorasie-veldtog aflandig van Namibië se kus. Die vonds is gemaak in die Capricornus-1x-eksplorasieput in PEL 85, waar boorwerk twee maande gelede begin het. Utaara Hoveka, kommunikasiebeampte by Namcor, het meer oor die ontdekking:
Die departement van water en sanitasie sê tien sluise van die Vaaldam is tans oop. Aanhoudende, bogemiddelde reënval in die reeds versadigde opvangsgebiede veroorsaak ʼn groot invloei van water. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die Vaal- en Bloemhofdam is tans onderskeidelik 119,68- en 111,87 persent vol. Sy sê…
Curves Strengthening Women bied vandag 'n spray-a-thon aan van 09:00 tot 13:00 by Platz Am Meer in Swakopmund. Die geleentheid is in vennootskap met die Kankervereniging van van Namibië se Erongo-sentrum en is daarop gemik om bewustheid en ondersteuning vir kankerinisiatiewe in die streek te verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.