
Twee sluise van Vaaldam toegetrek
--:--
Die Departement van Water en Sanitasie het twee sluise van die Vaaldam toegetrek om uitvloei na die Bloemhofdam geleidelik te verminder. Dit volg nadat die watervlak en invloei afgeneem het. Onlangse watervrystellings het oorstromings in laagliggende gebiede veroorsaak, en ontruimde inwoners word versoek om nie terug te keer nie, aangesien rivieroewers oorversadig bly. Wisane Mavasa van die departement sê hierdie maatreëls is deel van veiligheidsprotokolle om infrastruktuur te beskerm en te keer dat die dam breek: