Afrika Siektebeheer vra selfstandigheid met befondsing

--:--
Die direkteur-generaal van die Afrika Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming, Jean Kaseya, sê Afrika moet tasbare oplossings hê om sy gesondheidsorgstelsel te handhaaf. Dit volg nadat die G20-gesondheidsorgberaad in Johannesburg die behoefte vir Afrika-gesentreerde oplossings beklemtoon het, ná die einde van Amerikaanse skenkings. Hy het in 'n onderhoud met SABC News gevra vir meer binnelandse hulpbronne en verbeterde gesondheidsorgsekerheid om toekomstige gesondheidskrisisse in Afrika te voorkom:
14 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

EFF is ook bly dat hof teen BTW beslis

Die EFF het die Wes-Kaapse Hooggeregshof se besluit verwelkom om die 0,5-persent BTW-verhoging op te skort, wat dié belastingverhoging Donderdag voorkom. Hierdie besluit volg ná 'n regsgeding deur die DA en die EFF teen die BTW-koersaanpassing en die besluit van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies om…
29 Apr 3AM 1 min

Carney wen, sê Kanada is die meester van sy eie huis

Die Liberale Demokrate en sy leier, Mark Carney het die Kanadese verkiesing gewen. Kenners meen die verlies van die Konserwatiewe Party is as gevolg van Amerikaanse president Donald Trump se aanvalle op die land. Carney het in sy aanvaardingstoespraak gesê Kanada is die meester in sy eie huis.
29 Apr 3AM 1 min

So lyk die begroting vir die parlement

Die verkrygingswetsontwerp is nou in die komiteestadium in die Nasionale Vergadering. Die speaker, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het die parlement se begroting gelees. Sy het die vorige jaar se werksaamhede uitgelig.
29 Apr 2AM 1 min

Hommeltuie, kameras, keerpunt vir SA-grens

Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die bekendstelling van waarnemingshommeltuie en liggaamskameras was 'n keerpunt vir grensbestuurswerk by grensposte. Hy sê ongeveer 112 persone is gedurende die Paastydperk om verskeie redes by grensposte in hegtenis geneem en aan lede van die SAPD oorhandig vir verdere hantering. Masiapato sê…
29 Apr 2AM 1 min