
SA stuur oudfinansminister na Amerika
--:--
President Cyril Ramaphosa het die voormalige adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, as sy spesiale gesant na die VSA aangestel. Jonas sal Suid-Afrika se diplomatieke en ekonomiese belange verteenwoordig en met Amerikaanse regeringsamptenare en sakeleiers in gesprek tree om bilaterale bande te versterk. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Jonas het voorheen gedien as een van die president se beleggingsgesante en sal voortgaan in sy rol as die groepsvoorsitter van MTN terwyl hy sy nuwe pos beklee: