Boere, polisie vergader oor veediefstal

--:--
NamPol het 'n vergadering met boereverenigings in Outjo en die omgewing gehou na 51 bees naby Outjo gesteel en sommige wreed geslag is. Veediefstal vind egter gereeld plaas en groot aantalle bees is al voorheen in die omgewing gesteel. Die onderhoof van NamPol, generaal-majoor Elias Mutota, het ook in Otjiwarongo met boere oor die kwessie vergader. Kosmos 94.1 Nuus het met Mutota oor die vergadering gesels.
13 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Geen botsings binne IPC, wel met korrupsie: Nashinge

Die leier van die opposisie in die parlement, die IPC se Imms Nashinge, het sy nooienstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer. Hy sê daar sal nie botsings tussen hom en IPC-leier Panduleni Itula wees nie. Volgens hom sal die party eerder botsings met korrupsie en armoede hê.
17 Apr 10AM 1 min

Behoefte aan nuwe markte onderstreep te midde van Trump-tariewe

Trump se handelstariewe het die Agoa-voordele vir Afrika-lande soos Suid-Afrika en Lesotho feitlik beëindig, terwyl Namibië minder geraak is weens laer uitvoere na die VSA. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Kobus Laubscher, ‘n Suid-Afrikaanse landbou ekonoom oor die impak gesels.
17 Apr 10AM 1 min

Nuwe gesondheidminister het planne vir beter gesondheidsorg

Gesondheidminister Esperance Luvindao het haar nooienstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer. Sy het verskillende opsies uiteengesit om gesondheidsorg te verbeter, soos deur telemedisyne, en het die vervalle toestande van gesondheidsorgsentrums aangespreek.
17 Apr 8AM 1 min

SA mik na aanbied van 2036 of 2040 Olimpiese Spele

Olimpiese Spele: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee hoop dat die land die Olimpiese en Paralimpiese Spele van 2036 of 2040 kan aanbied. Saskok se president, Barry Hendricks, het aan SABC Sport bevestig dat 'n raadplegingsproses aan die gang is terwyl hulle wag op regeringsondersteuning voordat 'n amptelike bod bekend…
17 Apr 8AM 1 min