Ses dood toe helikopter in Hudsonrivier, New York val

Loading player...
Ses mense insluitend drie kinders is dood nadat ʼn helikopter wat passasiers vervoer in die Hudsonrivier in New York neergestort het. Amptenare sê die helikopter het in die lug opgebreek en onderstebo in die rivier neergestort. Vyf van die passasiers was ʼn gesin van Spanje en die sesde persoon was die vlieënier. New York Stad se polisiekommissaris, Jessica Tisch, sê die Nasionale Vervoerveiligheidsraad sal die ondersoek na die ongeluk lei:
10 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Waghond veroordeel xenofobie in Oos-Kaap

Die Suider-Afrikaanse Netwerk vir Immigrante en Vlugtelinge het die onlangse xenofobiese geweld in Addo, in die Oos-Kaap, waar drie buitelandse burgers in vermeende wraakaanvalle dood is na die dood van 'n plaaslike jong man, sterk veroordeel. Claude Kayitare van die organisasie sê meer as 430 mense is ontheem en meer…
28 May 2AM 1 min

Ovaherero-, Nama-gemeenskappe boikot herdenking van volksmoord

Vandag word die volksmoord van 1904 tot 1908 amptelik in Namibië herdenk. Die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe verwerp egter 28 Mei as Volksmoord Herdenkingsdag, en sê dit is histories onakkuraat en sonder hul insette ingestel. Hulle verkies 2 Oktober en 12 April, waarop die volksmoordbevele uitgereik is. Die amptelike herdenking vind…
28 May 1AM 1 min

SA herstel handelsverhouding met VSA

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het sy handelsverhoudings met die VSA suksesvol herstel ná 'n hoëvlakbesoek aan Washington verlede week. In antwoord op 'n parlementêre vraag het hy bevestig dat besprekings oor heffings en beleggings hervat is en dat die VSA se deelname aan die komende G20-beraad in November uiters…
28 May 12AM 1 min

LPM herdenk nie volksmoord, net Afrikadag

Die Landless Peoples Movement gaan op 28 Mei as 'n party Afrikadag vier in Gibeon. Die leier van die LPM, Bernadus Swartbooi gaan 'n toespraak hou oor reparasie vir koloniale vergrype. Ironies word die Nama en Herero-volksmoord op 28 Mei herdenk, maar die LPM ondersteun dit nie want dit is…
27 May 12PM 1 min

Moenie beleid verslap vir een mens, sê Forum

Forum for South Africa veroordeel die regering se plan om wette oor swart ekonomiese bemagtiging vir miljardêr Elon Musk te verslap. Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het verlede week ʼn beleidsriglyn in die Staatskoerant gepubliseer om swartbemagtigingsvereistes vir satellietdiensmaatskappye te verslap. Indien dit goedgekeur word, mag…
27 May 12PM 1 min