Geen Afrikaanse nuus op SABC2 was skeduleringsfout

--:--
Die DA het die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, se bevestiging verwelkom dat 'n skeduleringsfout die afgelope naweek daartoe gelei het dat die Afrikaanse nuusbulletin op SABC2 nie uitgesaai is nie. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê hulle sal voortgaan om die uitsending van die bulletin oor die naweek te monitor om te verseker sulke foute gebeur nie weer nie.
9 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wettiging van dagga geëis

Die Cannabis and Hemp Association of Namibia reël ‘n vreedsame betoging vir die komende Saterdag waartydens hulle ‘n petisie aan die Verenigde Nasies gaan oorhandig vir die wettiging van die gebruik van dagga. Die betoging begin om tienuur in Mahatma Ghandi-straat agter die sentrale gevangenis en sal dan deur Onafhanklikheidslaan…
29 Apr 1AM 1 min

Oesskatting en prys van witmielies is op

Die Akkerbouraad van Namibië het sy oesskatting aansienlik verhoog na die goeie reënseisoen. Die raad het vroeg vanjaar 'n tekort aan witmieles verwag, maar dit is aangepas na 'n oes van 70 000 ton vanjaar. Die prys vir witmielies gaan na verwagting meer as 6 800 Namibiese dollar per ton…
29 Apr 12AM 1 min

Lekker, almal kan swot, maar waar sal hulle werk?

President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om fooie by openbare universiteite te skrap, sal na verwagting 'n skerp toename in studentegetalle tot gevolg hê. Ontleders waarsku dat dit bykomende druk op die ekonomie kan plaas indien dit nie deur ooreenstemmende werkskeppingspogings geëwenaar word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim…
29 Apr 12AM 1 min

Beroepsgesondheid en -veiligheid is fundamentele reg vir werkers

Die Vereniging van Staatsamptenare vra werkgewers om hul beleid oor beroepsveiligheid en -gesondheid ter beskerming van werkers te verstewig omdat ongelukke in die werkplek, beroepsiektes en sterftes wêreldwyd 'n uitdaging bly. Die Wêrelddag vir Beroepsveiligheid en -gesondheid, 'n internasionale veldtog om veilige, gesonde en behoorlike werk te bevorder, is Maandag…
28 Apr 11PM 1 min