Walvisbaai-plakkers heffing moet deur verhuurder betaal word

--:--
Die Walvisbaai-munisipaliteit het onlangs heffings vir agterplaas plakkers voorgestel wat deur inwoners verwerp word. Die dorp het wesenlike uitdagings met grondlewering wat die raad sukkel om te voorsien. In sommige gevalle, soos in Kuisebmond, kan een erf tot 10 gesinne hê wat agterplaashutte huur. Dit verhoog die kanse vir brande. Kosmos 94.1 Nuus het met raadslid Ryan Gordon oor die saak gesels wat gesê het dat daar volgende week 'n vergadering sal wees hieroor.
9 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Geen SME-konsultasies vir begroting nie

Die finansministerie onder voormalige lynminister Ipumbu Shiimi het dikwels die burgerlike samelewing betrek om insette oor begrotingsprioriteite in te samel. Onder die konsekwent geopperde probleme was die nodigheid vir steun aan die informele ekonomie, SME’s en die kreatiewe sektor. Konsultasies het egter nie vanjaar plaasgevind nie. Kosmos 94.1 Nuus het…
25 Apr 2AM 1 min

Cyril sê SA is verbind tot vrede

President Cyril Ramaphosa en sy Oekraïnse eweknie, Volodymyr Zelensky, het ooreengekom om samewerking tussen die twee lande te versterk en saam te werk aan sleutelgebiede, insluitend handel, energie en onderwys. Die twee leiers het tydens samesprekings by die Uniegebou in Pretoria maniere bespreek om bilaterale betrekkinge uit te brei en…
25 Apr 2AM 1 min

Gratis tersiêre onderwys... kan stelsel dit hanteer?

Tydens haar Staatsrede het president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangekondig dat die regering vanaf 2026 tersiêre onderwys ten volle sal subsidieer. Dit beteken dat studente by openbare universiteite en tegniese- of beroepsonderwyssentrums nie meer registrasiefooie of klasgeld sal betaal nie. Tydens die vraag- en antwoordsessie het AR-leier Job Amupanda gevra waar die…
25 Apr 2AM 1 min

Sal die wankelrige dit kan hanteer'

Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lifalaza Simataa, die LPM se woordvoerder, wat twyfel of die wankelrige stelsel dit sal kan hanteer.
25 Apr 2AM 1 min