Begroting verbeter nie situasie in land: LPM

--:--
Die LPM-leier Bernadus Swartbooi het tydens die party se vierde nasionale konvensie gesê hy is teleurgesteld in die begroting, veral die lae ontwikkelingsbegroting. Hy sê dit behoort die drywer van werkskepping te wees. Die begroting word nou verder bespreek in die Nasionale Vergadering. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa, wat sê die begroting verbeter nie die situasie in die land nie.
8 Apr 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA is skynheilig oor BTW - ActionSA

ActionSA beskuldig die DA van skynheiligheid oor die omstrede beoogde BTW-verhoging, ondanks die DA se openbare teenkanting daarteen. Alan Beesley van Action SA sê die DA se woordvoerder oor Finansies, Ashor Sarupen, was betrokke by die opstel van die oorspronklike begrotingsrede waarin die verhoging ingesluit is. Beesley beweer die DA…
22 Apr 3AM 1 min

Guterres bring hulde aan Franciskus

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê pous Franciskus was ʼn voortreflike stem vir vrede, menswaardigheid en maatskaplike geregtigheid. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is gisteroggend aan 'n beroerte en hartversaking dood. Guterres het by die wêreld aangesluit om oor pous…
22 Apr 3AM 1 min

Mynwese-kamer hou jaarvergadering

Die Kamer van Mynwese se 46ste jaarvergadering vind môremiddag in Windhoek plaas. Die president, Zebra Kasete, sal die mynbedryf se prestasie in 2024 hersien, asook die bedryf se belangrikste prestasies en hoogtepunte. Nuwe ampsdraers vir 2025 tot 2027 sal ook aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Veston Malango,…
22 Apr 2AM 1 min

Mashatile wil nie bespiegel oor skietery nie

Die polisie en die Presidensiële Beskermingseenheid het 'n ondersoek van stapel gestuur nadat daar op adjunkpresident Paul Mashatile se amptelike voertuig geskiet is. Mashatile het teruggekeer van ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee toe daar 'n paar weke gelede op sy konvooi in Boksburg, naby die N12,…
22 Apr 2AM 1 min

Trump staan bankvas agter Hegseth

Amerikaanse president Donald Trump het die verdedigingminister, Pete Hegseth, ondersteun ná berigte dat meer militêre aanvalbesonderhede gedeel is in nog 'n groepgesprek op Signal. Die groep het Hegseth se vrou, broer en persoonlike prokureur ingesluit, waar Hegseth inligting oor lugaanvalle teen Jemen gedeel het. Trump het gesê die bron klink…
22 Apr 1AM 1 min