SABS se dienste 'vervalle, gevaarlik'

--:--
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde se bedrywighede word toenemend fyn dopgehou nadat die parlementêre komitee vir Handel, Nywerheid en Mededinging sy kommer uitgespreek het. Komiteelid Toby Chance het tydens ʼn oorsigbesoek aan die SABS se hoofkwartier in Pretoria gesê hy is ontsteld oor die vervalle dienste. Hy het aan die SABC gesê die toestand by die instelling hou gevaar in vir die land se standaardiseringsprosesse en regulatoriese funksies.
8 Apr 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe kontinentale LGBT-inisiatief wil haatspraak teenwerk

Equal Namibia en vennote nooi die publiek na 'n perskonferensie môre om 9 uur by die House of Democracy in die hoofstad. Dit is om 'n nuwe samewerking te loods onder leiding van jeugbewegings van regoor Afrika en die diaspora. Die inisiatief het ten doel om toenemende anti-LGBT-retoriek op verskillende…
22 Apr 11AM 1 min

Pretloop by Sanlam Kusmarathon help Kankervereniging

Die Sanlam Kusmarathon vind Saterdag in Swakopmund plaas, onder die tema "Druk deur die grense van deursettingsvermoë”. Deelnemers aan die 5km pretloop kan die Namibië Kankervereniging ondersteun deur te registreer vir slegs 20 Namibiese dollar per persoon. Kaartjies is by die Kankervereniging se Erongo-sentrum beskikbaar en registrasie bly oop tot…
22 Apr 11AM 1 min

Politici moet oppas vir beloftes maak, sê kenner

Die leier van die Nasionale Demokratiese Party, Martin Lukato, wat ook een setel in die Nasionale Vergadering het, het ook sy teleurstelling uitgespreek in die versuim van die nuwe regering om gestand te doen aan sy belofte vir ‘n oumens pensioen van 3 000 Namibiese dollar. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah…
22 Apr 10AM 1 min

Onderwysminister besoek Auas-laerskool oor moedertaal-herrie

Die onderwysminister Sanet Steenkamp was vanoggend by die Auas-laerskool in Dolam waar aktivis Shaun Gariseb ‘n protes gelei het. Die saak handel oor aantygings dat die skoolhoof Khoekhoegowab wil verwyder en die groep het ‘n petisie oorhandig. Steenkamp het die protesgangers toegespreek. TERUG: Steenkamp het ook gesê kinders wat Khoekhoegowab…
22 Apr 10AM 1 min

Mei-brandstofprys dalk Vrydag aangekondig

Die komitee wat die Mei-brandstofprys sal bepaal, ontmoet Donderdagmiddag met ‘n moontlike aankondiging wat Vrydag sal gemaak word. Die olieprys lyk goed en die Amerikaanse dollar het effe verswak so daar kan dalk goeie nuus wees. Die lynministerie se petroleum-ekonoom Abednego Ekandjo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
22 Apr 10AM 1 min