Kom sê jou sê oor samesmelting van Pep, Big Daddy, OK Furniture

--:--
Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n openbare kennisgewing uitgereik vir belanghebbendes om ‘n konferensie oor die voorgestelde samesmeltings van Pep Stores, Big Daddy en JD Financial, sowel as OK Furniture by te woon. Rolspelers kan mondelinge of skriftelike voorleggings oor die voorgestelde samesmelting voor of by die konferensie te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Dina //Gowases van die kommissie gepraat.
8 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bestuurskenner sê oor NNN se eerste staatsrede

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal môre haar eerste staatsrede lewer. Die jaarlikse toespraak in die parlement is 'n opdatering van Namibië se ekonomiese, politieke en sosiale status, beklemtoon prestasies en gee 'n uiteensetting van toekomstige regeringsplanne. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo, wat kwessies wat aangespreek…
23 Apr 6AM 1 min

Olie- en gasbedryf: Korrupsie sal nie geduld word nie

Die Namibiese Internasionale Energiekonferensie het vandag in die hoofstad begin en eerste minister Elijah Ngurare, het namens president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgevaardigdes toegespreek. Hy beklemtoon die bou van vaardighede, die ondersteuning van plaaslike besighede en die bevordering van 'n omgewing waar Namibiese talent kan floreer.
23 Apr 6AM 1 min

Jong LP's moet ingelig wees, sterk debat voer

Duminga Ndala, leier van die LPM-jeugbevel, het 'n beroep op jong LP's gedoen om betekenisvolle, ingeligte debatte aan te pak wat die jeug se sosio-ekonomiese stryd aanspreek. Sy sê politieke retoriek is nie voldoende nie, en dring aan op ontwikkelingsprojekte en regeringsinisiatiewe wat die lewens van jongmense direk sal verbeter…
23 Apr 5AM 1 min