
Arsenal se Arteta sê Real Madrid is grootste uitdaging ooit
--:--
Sokker: Arsenal se hoofafrigter, Mikel Arteta, sê die wedstryd teen Real Madrid is een van die grootste uitdagings van sy loopbaan tot dusver. Die twee pak mekaar vanaand op die Emirates-stadion in Londen in die eerste wedstryd van hulle Kampioeneliga-kwarteindstryd, terwyl die tweede wedstryd volgende Dinsdag op die Bernabéu plaasvind. Real, wat die titel al 15-keer gewen het, is die verdedigende kampioen. Arteta sê sy spelers is reg vir hierdie groot kragmeting.