
Sukkelende suiwelsektor 'kort dringende aanspreking met beleid'
--:--
Reaksie word ontvang op die oorsig deur die Namibiese Landbou-unie vir die laaste kwartaal van 2024. Die suiwelsektor se winsgewendheid toon ‘n kommerwekkende neiging met klein winste wat tot 2017 aangeteken is en toe skerp begin daal het na amper 50 persent verliese teen 2022, en teen einde 2024 op net minder as 40 persent verliese gestaan het. Voerkoste, wat 71 persent van totale uitgawes beslaan is die hoofrede. Die bekende landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher sê dit moet met beleid, dringend aangespreek word.