
ActionSA skop vas teen RNE-voorstel
--:--
ActionSA sê hy sal geen oorweging gee aan die regering van nasionale eenheid voor die BTW-verhoging en wysigings aan die inkomstebelasting-kerf nie opgelos is nie. Volgens mediaberigte is daar Maandag tydens die ANC se werkskomiteevergadering onder andere voorgestel dat die koalisieregering verander word om ActionSA in te sluit. Die party se woordvoerder, Matthew George, sê hulle het geen kommunikasie in dié verband van die ANC ontvang nie.