
Handelstekort krimp effe
--:--
Namibië het in Februarie 'n handelstekort van 2 miljard Namibiese dollar aangeteken, 'n verbetering op die 2,7 miljard dollar tekort in Januarie en die 3,9 miljard dollar tekort in Februarie verlede jaar. Volgens die Namibië Statistiek-agentskap was uitvoere gedryf deur mynbouprodukte soos uraan, nie-monetêre goud, petroleum-olies en anorganise chemikalieë. Vis was oudergewoonte die enigste nie-minerale produk in die top-vyf uitvoere. Heruitvoere het met 12,3 persent gedaal vanaf Januarie, maar met 38,9 persent gestyg vergeleke met Februarie verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Iipumbu Sakaria, die Statistieke-agentskap se woordvoerder, wat meer inligting gee.