
Veterane-wet moet spoedig aangepas word vir weeskinders
--:--
Die Vereniging van Afhanklikes van Namibiese Veterane het die parlement se aankondiging verwelkom om die Wet op Veterane te wysig om vir die kinders van die bevrydingstryd voorsiening te maak en hul finansiële las te verlig. Borro Ndungula, woordvoerder van die vereniging, het vir die spoedige implementering hiervan gevra.