Meer as brandstofprys voordeel in laer olieprys

--:--
Die uiters lae Brent ru-olieprys, tans net bo 63 Amerikaanse dollar, bly in die nuus. Die kommoditeit het met 10 persent die afgelope week gedaal na president Donald Trump se tariewe en China se vergelding daarvoor wat vrese vir ‘n handelsoorlog aanvuur. 'n Beplande produksieverhoging deur Opul en sy vennote dra ook by tot die verkoopsdruk. Dit hou positiewes vir ontwikkelende lande, soos Namibië in. Ekonoom Dawie Klopper verduidelik.
7 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Minister besoek Bloemhofdam te midde van vloedbekommernisse

Die minister van Water en Sanitasie, besoek vandag die Bloemhofdam om skade aan die infrastruktuur te evalueer ná stroomaf-ontruimings weens vloede. Die woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die dam, tans op 111,07-persent, laat meer as 2 000 kubieke meter per sekonde vry om die swaar invloei vanaf die Vaaldam, wat op…
11 Apr 2AM 1 min

Kleinsake het uitdagings maar ook drome

Volgens 2024-statistieke is daar ten minste 40 000 klein- en mediumgrootte ondernemings werksaam in die land. Hulle verskaf werk aan meer as 200 000 Namibiërs en dra ongeveer 12 persent van die BBP by. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bianca Janse van Vuuren, Bank Windhoek se hoof van klein-…
11 Apr 2AM 1 min

Rose loop voor in Augusta

Justin Rose van Engeland loop voor met drie houe ná die openingsronde van die Meesterstoernooi in Augusta, Georgia. Die 44-jarige het sewe-onder baansyfer, 65, aangeteken, en daarmee 'n groot voorsprong verkry op die verdedigende kampioen, Scottie Scheffer van Amerika, Swede se Ludvig Åberg en Corey Conners van Kanada. Rory McIlroy…
11 Apr 1AM 1 min

Raymond Parsons het raad vir GNU oor tariewe

Die ekonomie-professor aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê Suid-Afrika moet die uitstel van 90 dae op Amerikaanse tariewe gebruik om ʼn beter ooreenkoms te onderhandel. Die land staar tariewe van 31-persent in die gesig op belangrike uitvoere na Amerika. Meer as 60 lande sal egter steeds president Donald…
11 Apr 1AM 1 min

Kenner sê bees slagpryse sal N$70 en meer, per kilo bereik

Namibië, bekend vir sy sterk veesektor en premium beesvleis, word beskou as die land met die tweede hoogste gehalte beeste ter wêreld, net na Argentinië. Dit is bevestig deur professor Helmke von Bach, 'n landbou-ekonoom by Unam, wat van mening is dat beesvleispryse by abattoirs tot meer as 70 Namibiese…
11 Apr 1AM 1 min