Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het beklemtoon die land se gesondheidsorgstelsel word deur verskeie uitdagings geteister, insluitend personeeltekorte, 'n gebrek aan fasiliteite en swak bestuur. Die wêreld herdenk vandag Wêreldgesondheidsdag. SAMA-voorsitter Mvuyisi Mzukwa, het in 'n gesprek met Newzroom Afrika swak toegang tot medikasie en finansiering uitgelig. Hy het die behoefte…
President Donald Trump van Amerika se omvattende tariewe stuur steeds skokgolwe deur die wêreld se finansiële markte. Markte in Asië het vanoggend getuimel met Japan se Nikkei wat kort na opening met meer as 8 persent gedaal het, en Suid-Korea se Kospi met meer as 4,8 persent. Australië se ASX…
Die regering skuld bejaardes ‘n verduideliking hoekom pensioene in die huidige begrotingsjaar nie verhoog is nie, sê kenners. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens haar verkiesingsveldtog verlede jaar onderneem sy sal wyle president Hage Geingob se belofte gestand doen deur dit na 3 000 Namibiese dollar per maand te verhoog. Kosmos…
Die DA se federale voorsitter, Helen Zille, is die eerste politikus wat die onderwerp van ʼn Showmax- en Laugh Africa Roast-program is. Die kreatiewe regisseur, Stuart Taylor, het kommentaar gelewer oor haar belangrike politieke statuur en reguit uitsprake. Zille verwelkom die spottery en sê mense spot haar agter haar rug,…
Die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, het onthul die vyfverdieping-gebou wat in Mei 2024 in George ineengestort het, is slegs goedgekeur as 'n enkelverdiepingstruktuur. Die parlement se portefeuljekomitee vir menslike nedersettings het gehoor die ontwikkelaar het versuim om planne vir 'n gebou van meer as een verdieping in te…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.