
ActionSA vra vir hersiening van immigrasiebeleid
--:--
ActionSA in Tshwane het sy oproep herhaal dat Suid-Afrika se immigrasiebeleid en grensbeheermeganismes deeglik hersien word. Dit volg na die moord op ses gemeenskapspatrolleerders in die Marry Me informele nedersetting in Soshanguve. Die twee verdagtes wat gearresteer is, is vermoedelik buitelandse burgers. Derrick Mahlangu van ActionSA sê misdadigers, veral herhaalde oortreders en onwettige immigrante, moet met die volle mag van die gereg te doen kry: