
Kommer oor gesteelde SAPD-wapens
--:--
Die DA in die Wes-Kaap sê hy is bekommerd oor die ontstellende aantal vuurwapens wat die polisie uitgereik het en wat die afgelope 12 maande òf verlore òf gesteel is. Altesaam 28 vuurwapens is verlede jaar deur misdadige optrede soos voertuigkapings, inbrake, rooftogte en diefstal in die provinsie gesteel. Thomas Walters van die DA sê die situasie laat dringende vrae ontstaan oor die bestuur, aanspreeklikheid en veiligheid van vuurwapens in die polisiediens: