Lesotho vra FIFA om konsekwent te wees na Bafana-wedstryd

Loading player...
Lesotho se sokkerbeheerliggaam het die wêreldliggaam FIFA aangemoedig om konsekwent te bly in die hantering van Bafana Bafana-se middelveld speler, Tebogo Mokoena se saak. Sekretaris-generaal Mokhosi Mohapi glo Mokoena moes geskors gewees het tydens Suid-Afrika se 2-0 oorwinning oor Lesotho in die Wêreldbeker-kwalifiseerder. FIFA se reël skryf 'n outomatiese een-wedstrydskorsing voor na twee geel kaarte. Bafana het tans 'n vyf-punt voorsprong bo-aan Afrika se Groep C, maar kan drie punte verloor. Mohapi het aan Newzroom Afrika die belangrikheid vir regverdige beslissings beklemtoon:
27 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ReconAfrica konkel glo met aandeelprys

‘n Drukgroep, Saving Okavango’s Unique Wildlife, sê ReconAfrica manipuleer sy aandeelprys op ‘n geslote aanlyn kletsgroep op Discord. Aktivis Rob Parker beweer ‘n beeld wat olie-reserwes aandui is gedeel en toe spring die prys maar, dit het kort daarna weer geval. Die maatskappy het tot op hede geen oliereserwes ontdek…
31 Mar 12PM 1 min

SA ruk op teen kinderverkragting

'n Versoekskrif wat geregtigheid eis vir die sewe-jarige Cwecwe, nadat sy by Bergville College in Matatiele, in die Oos-Kaap verkrag is, het meer as 670 000 handtekeninge gewerf. Die uitstorting van ondersteuning duur voort, met 'n optog wat môre in Kaapstad sal plaasvind. Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube,…
31 Mar 12PM 1 min

Trump kan wêreldresessie ontketen

Met president Donald Trump van Amerika se dreigemente dat hy sekondêre tariewe op Russiese olie sal hef as sy eweknie Vladimir Putin nie saamwerk in die voortgesette onderhandelings vir die beëndiging van die oorlog in Oekraïne nie, maan ontleders dat hy 'n wêreldwye resessie kan veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het…
31 Mar 11AM 1 min

DA gaan klagte teen minister Simelane indien

Die DA gaan strafregtelike klagtes indien teen die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, oor haar beweerde korrupsie wat gekoppel word aan Eskom en haar voormalige werkgewer, Vitrovian. Die party eis verder 'n opdatering van die Nasionale Vervolgingsgesag oor Simelane se rol in die VBS-bankskandaal. Die DA-lid, Glynnis Breytenbach, sê…
31 Mar 11AM 1 min

Regering alweer laat met toelaes

‘n Gesloer deur die regering beteken Namibië se mees weerlose burgers, insluitende pensioenarisse, gaan opnuut nie môre hul maandelikse maatskaplike staatstoelae kry nie. NamPost, wat verantwoordelik is vir die oorbetaling van die toelae, sê dis nie hulle skuld nie en dat die regering hulle in ‘n ongemaklike posisie plaas. Kosmos…
31 Mar 10AM 1 min